Tannie Corrie kom kuier........jou hart spring sommer uit jou keel. Want jy weet sy bring groot tasse want Oom Isak moet dra. Maar dis nie die ware wat in daai tasse is, waarvoor mens wag nie. Dit is die ontasbare waar na mens uit sien. Ons gaan lekker rondry. 1000 stuk puzzel sal gebou word. Ons sal dik stukke lag or simpel dinge. Ons sal bietjie Brandy drink. En eet....ons gaan eet; kook kos, vet koek en hertzoggies. Die kinders sal weet tannie Corrie kuier want as jy weer kyk is tannie Corrie besig met die kinders lekkergoed uitdeel, hulle gesels en as sy kan sal sy sommer lekker terg.
Tannie Corrie het altyd geweet wat mens regtig nodig gehaad het. Die tasbare en ontasbare. Sy ken jou hart sy weet wat jou lewenspad nodig het. Ons almal gaan haar mis, maar gelukkig is die hemel want, Tannie Corrie kom kuier!
Comments
Post a Comment